Jy bestaan omdat God jou wil hê!

Hou gaan jy nou die doel ontdek waarvoor jy geskep is?
Daar is net twee keuses:
Spekulasie, of openbaring.

Duisende jare lank probeer filosowe,
en ander geleerdes van verskillende vakgebiede,
die betekenis van die lewe ontdek, en dit bespreek.
Dr. Hugh Moorhead, hoogleraar aan ‘n universiteit in Illinois in die VSA,
het 250 wetenskaplikes en skrywers gevra om te skryf oor die vraag:
“Wat is die betekenis en sin van die lewe?”
Hul reaksies is in ‘n boek gepubliseer;
“The Meaning of Life According to Our Century”s Greatest Writers and Thinkers.”
Dit was totaal uiteenlopend, en baie het erken dat hulle geen benul het nie.

Gelukkig is daar ‘n alternatief vir al hierdie spekulasie.
Die openbaring. Die openbaring van God!
Ons kan gaan kyk wat God in sy Woord oor die lewe onthul het.
Om vas te stel wat ‘n uitvinding nou eintlik doen,
moet ‘n mens die uitvinder vra.
Om jou lewensdoel te ontdek, vra jou Skepper!
1 Korintiërs 2:7 sê:
“Wat ons verkondig, is die wysheid van God,
die verborge waarheid wat bedek was,
en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het,
tot ons ewige heerlikheid.”

God is die Bron van jou lewe!
Die begin van alles.
Die toekoms van alles.
Om jou lewensdoel te ontdek,
raadpleeg die wysheid van God in sy Woord.

Efesiërs 1:11 sê:
“Deur Christus het ons deel geword van die volk van God,
soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem,
Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.”

Hierin lê 3 insigte in jou lewensdoel:

Jy ontdek jou identiteit en doel deur ‘n verhouding met Jesus Christus.

God het aan jou gedink lank voordat jy aan Hom gedink het, sonder jou insette!
Jy kies omtrent alles in jou lewe, maar jy kies nie die doel van jou bestaan nie!

Jou lewensdoel pas in ‘n veel groter prentjie in, as wat jy ooit van sou kon droom of dink.
God se doel vir die kosmos en die ewigheid.

Wanneer jy in die duisternis gevoel het oor jou lewensdoel,
kan jy nou weet dat jy saam met God in die lig in kan stap vir jou lewensdoel!

Ernest