“So sê die Here wat jou gemaak het,
Hy wat jou gevorm het in jou moederskoot.” Jesaja 44:2.

Lank voor jou ouers jou verwag het, het God jou verwag,
want Hy het jou beplan en jou geskep.”
Jy leef omdat God jou wou hê!
Ten opsigte van jou,
het God geen besonderheid aan die toeval oorgelaat nie!
Liefde was God se motief toe Hy jou geskep het.

Ongeag enige iets wat jy aan kan dink, God het jou geskep.
Daar is nie iets soos ‘n buite egtelike kind nie, wel buite egtelike ouers.
Of jy beplan is of nie, God het jou wel beplan.
Hy maak nie foute nie en het nie glipsies nie.
God het jou as sy skepping baie lief,
en waardeer jou as uiters kosbaar in sy oë.

Dr. Michael Denton,
navorser in molekulêre genetika aan Otago-universiteit, Nieu-Seeland,
maak die gevolgtrekking:
“Al die getuienis in die biologiese wetenskappe ondersteun die kernbegrip……
dat die kosmos spesifiek in sy geheel ontwerp is met lewe en die mensdom as sy
grondliggende doelwit en doel,
‘n geheel waarin alle fasette van die werklikheid
betekenis en verklaring in die sentrale feit vind.”

Waarom het God dit alles met die skepping gedoen?
Hy skep dit omdat Hy die God van liefde is.
Hy skep die skepping, en spesifiek vir jou as spesiale doelwit,
vir sy liefde!

Bou jou lewe op hierdie waarheid:
God het jou gemaak om jou lief te hê!

Ernest