Ons sien dit nou in die lewe van Gideon.
Ten spyte van al sy verskonings, wat alles vir ons geldig is,
gaan God voort met sy plan!

Wanneer Gideon agterkom dat God hom regtig kies en gebruik,
dan verander alles soos handomkeer!
Hy meld net daar op die plek aan vir God se diens!

En nou doen God groot dinge deur hom, ten spyte van homself.
“Toe sê die Here vir Gideon: “Ek sal julle red met die 300 man,
wat die water opgeskep het.
Ek sal vir Midian in jou mag oorgee.
Die ander moet almal huis toe gaan.”
Met net 300 man moet hy duisende Midianiete aandurf.

Die wapens waarmee hulle moet gaan, is nog meer onverstaanbaar.
Hulle moet hulle met fakkels en erdekruike bekruip.
In die geloof dat hulle gaan wen!
In geloof doen hulle dit.
En die Midianiete skrik hulle water en ligte weg en vlug!

Wel, dit is hoe God ook in ons lewens werk.
Hy is nie afhanklik van ons, of ons strategië,
begrip, beginsels, of wat ookal nie…
Hy doen groot dinge deur jou, ten spyte van jou!
Begryp jy dit?
Glo jy dit?
Of moet jou eie planne die deurslag gee?

Glo dit nou,
dat God groot dinge deur jou wil doen,
ten spyte van jou!

Ernest