“ ‘n Mens wat iets vir ‘n ander oor het,
baat self daarby”, sê Spreuke 11:17.
‘n Man en sy seun was by ‘n grofsmid om hulle hark reg te maak.
Na die herstelwerk gedoen is, wou die pa weet wat hy skuld.
“Niks nie, ek wil dit graag vir jou doen”, het die grofsmid gesê.
Die pa het aangedring om te betaal.
Toe sê die grofsmid:
“Laat my toe om iets te doen wat my genade en liefde strek.”
Dit is ‘n kort en kragtige boodskap van ‘n eenvoudige man.
Dit laat ons besef dat daar groot vreugde in is,
om jou genade en liefde vir mense te strek.
Wanneer jy genade en liefde betoon,
en dit as’t ware verder rek en strek,
as wat verwag is,
deur jouself of die ander,
word jy daardeur self geseën.
Die betoning van genade en liefde,
vra dikwels juis opoffering, soos met die grofsmid.
Maar gou dra dit die vrug van vrede en vreugde,
soos met die grofsmid.
Rek en strek jou genade teenoor mense.
Gou dra dit die vrug van groot vrede en vreugde in jou eie lewe!
Ernest