Naomi en Rut is deur buitengewone omstandighede bymekaar gebring.
Daar was groot hongersnood in Israel.
Naomi se gesin het as gevolg hiervan na Moab verhuis.
Daar het Naomi se twee seuns met Moabitiese meisies getrou.
Orpa en Rut.
Maar Naomi se man en albei haar seuns het in Moab gesterf.
In daardie tyd was vroue baie afhanklik van mans.
Daarom het hierdie drie weduwees in moeilike omstandighede verkeer.
Naomi het gehoor dat die hongersnood in Israel verby is.
Sy het besluit om terug te verhuis na Israel toe.
Orpa en Rut het aanvanklik saam met haar gegaan.
Maar Naomi het hulle aangemoedig om na hulle mense in Moab terug te keer.
Orpa het omgedraai, maar nie Rut nie.
Dan gaan die verhaal verder met hierdie twee weduwees.
Rut het haar geloof in Naomi se God bely,
selfs ten spyte daarvan dat Naomi self kleingelowig was, en gesê het:
“Die Here het teen my gedraai.”
Let op hoe negatief hierdie verhaal begin het:
Hongersnood, dood, en wanhoop.
Maar die situasie verander,
as gevolg van onverdiende liefde en genade.
Rut se optrede teenoor Naomi.
En Boas se optrede teenoor Rut.
Die verhaal gaan oor twee weduwees, Naomi en Rut.
En Boas, seun van ‘n prostituut, volgens Josua 2:1 en Matt. 1:5.
Is alles wat gebeur het baie toevallig?
Dat Rut uitgekom het by Naomi, en by Boas se landgoed.
Die verhaal het buitengewone seën tot gevolg:
‘n Baba wat in die geslagsregister van Jesus opgeneem word! Rut 4:16-17.
God doen groot wonderwerke deur dinge wat vir ons onbenullig en toevallig lyk.
Hy gebruik selfs kleingeloof, doodgewone vriendelikheid,
en doodgewone mense, om sy Goddelike doel te bereik.
Jy moet niks in jou lewe as “onbenullig” en “toevallig” onderskat
in die hand van die Here nie.
Hy gebruik alles om sy Goddelike doel deur jou te bereik!
Ernest