Mens voel soms oorweldig deur allerhande wette, reëls en regulasies.
Dink maar net aan al die arbeidswette, diensvoorwaardes, personeelbeleid.
So kan jy op alle terreine van die samelewing die wette, reëls en regulasies beleef.
Dink nou net hoe die Jode moes gevoel het oor meer as 600 Ou-Testamentiese wette.
En dan het die godsdienstige leiers nog hope ander bygevoeg!

Dink nou net hoe verbaas hulle moes gewees het,
toe Jesus al hierdie wette en gebooie tot net twee verminder het!
“Jy moet die Here jou God liefhê….en jou naaste….
soos jouself.” Matteus 22:37 en 39.

Jesus wil hiermee vir ons sê dat God sal weet dat ons Hom liefhet,
as Hy sien hoe ons ander mense liefhet, en hulle behandel.
As ons God liefhet, en hulle liefhet,
val al die ander dinge in plek.
Dan sal ek nie valse getuienis teen my naaste praat nie,
nie sy besittings of vrou begeer nie,
nie sy eiendom steel nie…..

Aan wie moet jy veral God se liefde en genade betoon?
Wie moet veral jou liefde en genade sien?
Die uitdaging is:
Hoe meer onaanvaarbaar die persoon vir jou is,
hoe groter sal die bewys wees hoe lief jy die Here het!
Aanvaar die uitdaging, in die Naam van die Here!

Ernest