Die Gran Telescopio Canarias is een van die wêreld se sterkste teleskope.
Dit is bo-op ‘n uitgewerkte orkaan gebou, in La Palma, op die Kanariese eilande.
Koning Carlos van Spanje het dit in 2009 ingehuldig.
Dit bied aan sterrekundiges ‘n duidelike uitsig op die hemelruim.
Dit is baie hoog bo seespieël, en bokant die wolke.
Daar is die winde droog, en daar is min turbulensie.
Naby die ewenaar gee dit ‘n goeie blik op die Noordelike hemelruim,
en ook op ‘n deel van die Suidelike.

Jesus het ook op ‘n berg gaan staan,
om in die bergpredikasie te sê:
“Geseënd is die wat rein van hart is,
want hulle sal God sien.” Matteus 5:8.
In terme van God is dit jou lewe,
en nie jou hoogte bo seespieël nie,
wat jou Hom laat “sien”.
Rein van hart, kry jy ‘n uitsig op die Vader!

Dit gaan nie daaroor om dit net te probeer bereik nie,
maar veral om dit nederig van die Vader te ontvang, deur die Gees.
‘n Rein hart kom deur jou sonde te bely,
die vergifnes van die Here te pleit, en dit te aanvaar.

Ons kan die hemelruim vanaf bergtoppe met teleskope aanskou.
Maar om ‘n uitsig op God te kry, vra ‘n rein hart.

Ernest