Matteus 4:18-19 sê:
“Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop,
sien Hy twee broers….
Hy sê toe vir hulle:
“Kom hier! Kom saam met My.”
Jesus het dwarsdeur die land Palestina gestap,
en oral waar Hy gegaan het,
het Hy dissipels geroep en gesê: “Volg My.”
Die reis saam met die Here is nie altyd vir ons maklik nie.
Dikwels voel dit of dit makliker sal wees om,
soos van Jesus se ander dissipels, om te draai.
Maar wanneer dinge regtig moeilik raak,
skryf John Bunyan in Pilgrim”s Progress,
moet ons net in die Here rus en nuwe krag kry!
Ons is juis sy dissipels!
Ons leef deur sy krag, in die moeilikste omstandighede!
Ons moet leef uit die wete dat die Here voortdurend by ons is.
In Matteus 28 vers 20 gee Hy self hierdie belofte:
“Ek is by julle al die dae…”
Die Here is nie net met mooiweersdae by ons nie.
Ook nie net op moeilike dae nie.
Hy is by ons, al die dae.
Dit is nie net ‘n mooi beeld wat die Here gebruik nie.
Dit is die waarheid, in ons konkrete werklikheid!
Ernest