Matteus 6:19-21 sê:
“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak nie….
Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar….
Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

Hoe kan jy nou hierdie koninkrykbeginsel prakties uitleef?
Hoe kan jy perspektief behou, in terme van die materiële in jou lewe?

Kies die krag van eenvoud.
Leef binne jou inkomstegrens. Koop minder.
Jy het nie die grootste, beste en nuutste nodig nie.

Konsentreer op die dinge wat die kosbaarste is in die lewe,
en wat geen geld kan koop nie.
Verhoudings, liefde, tyd, gesondheid.
Die grootste gawes van God!

Ontwikkel jou waardering vir die klein dingetjies in die lewe.
Dit kom ook alles van God af!
Sien dit raak en koester dit.

Onderskei wat die advertensie nou eintlik aan jou wil verkoop.
Status, mag, gewildheid….

Vrygewigheid help om op die koninkryk gerig te wees.
Gee eerder, as om te ontvang.
Gee eerder die einste goed wat jy wil hê weg!
Vrygewigheid help jou om vry te kom van “goed”.
Eenvoud, uitreik, en omgee, maak jou vry van “goed”.

Leef hierdie koninkryks-avontuur!
Maak saam met die Here skatte in die hemel bymekaar.
“Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees”, sê die Here Jesus.

Ernest