Wat is die dryfkrag in jou lewe?
Word jy deur skuldgevoel gedryf? Of deur vrees?
Of materialisme? Of die behoefte aan erkenning?
Niks is belangriker as om God se doel vir jou lewe te ken nie.
Niks wat jou dryf kan daarvoor vergoed,
as jy nie weet wat God se doel met jou lewe is nie.
Eers as jy ontdek dat jy hier is vir God,
en nie dat Hy hier is vir jou nie,
kan sy wil die dryfkrag in jou lewe word.
As jy weet wat God se doel vir jou is,
het jou lewe betekenis.
Jou lewe is dan ook veel eenvoudiger, as jy God se doel vir jou ken.
Jou lewe het ook ‘n fokus as jy God se doel ken.
Die Bybel sê daarom in Efesiërs 5:17:
“Moet daarom nie onverstandig optree nie,
maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.”
Baie mense wil onthou word as hulle nie meer hier is nie.
Hulle werk hard aan ‘n durende erfenis op aarde.
Maar jy is nie op aarde geplaas om ‘n erfenis hier agter te laat nie.
Jy is hier om saam met die Here die reis van die ewigheid te loop.
Jy moet saam met Hom skatte in die hemel bymekaarmaak.
Wat is regtig die dryfkrag in jou lewe?
Ernest