Natuurlik is ons totaal van God afhanklik!
Ons kan nie eers asemhaal sonder Hom nie.
Maar ons leef dikwels asof dit nie so is nie.
Die Christelike lewe is ‘n reis saam met God!
Ons moet saam met Hom beweeg.
Wat beteken dit ook prakties?
Onder andere die volgende:
Wat is jou grondkeuse in jou lewe?
Is dit “ek”, of is dit die verlange
dat God my toenemend by Hom intrek?
Ons is van nature geneig om van God weg te beur.
Tyd in sy teenwoordigheid,
is die enigste manier om die weerstand af te breek.
Hou aan om maniere te soek om stil te word by Hom,
sodat die band tussen jou en Hom kan versterk.
Met tyd sal jy daarna smag.
Verbondenheid met God.
Sien pyn as geleentheid om nader aan God te kom.
Moenie ‘n probleem hê, dat jy ‘n probleem het nie!
So verdubbel jy jou probleem!
Jy neutraliseer ook die waarde wat dit vir jou kan inhou.
Deur te worstel, en selfs pyn te omhels,
kry jy wins uit worstel.
Jy beweeg nader aan God.
Ons maak baie van ons keuses sonder God.
Groot keuses en klein keuses.
So maak ons swak keuses.
Soek en kies volgens God se wil.
Hy wil jou hele menswees gebruik,
om jou te help om te onderskei wat jy moet doen.
Leef daarom naby Hom.
Wees beskikbaar om te dien, waar jy ookal kan.
Jy word nie ‘n slaaf nie,
maar as dienaar van die Here, dien jy juis waar jy kan.
So kan jy die beste diens lewer, vir die Here.
Die reis saam met die Here is nie probeer en tref nie.
Jy probeer ook nie in eie krag nie.
God is met jou op reis!
Nie jy met Hom nie!
Die reis saam met God,
is uiteindelik om meer en meer van Hom afhanklik te word.
Ernest