Prediker 3:11 sê:
“God het….die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd.”
Baie mense leef asof hierdie lewe al is wat daar is.
Jy gaan hoogstens ongeveer ‘n honderd jaar op aarde leef.
Maar daarna gaan jy vir ewig leef.
God het jou na sy beeld geskep om vir ewig te lewe.
Die Bybel noem jou aardse liggaam ‘n “tent”.
Jou toekomstige lewe noem die Bybel ‘n “woning”.
2 Korintiërs 5:1.
Waar gaan jy wees?
C. S. Lewis het gesê:
“Daar is twee soorte mense:
dié wat vir God sê: “U wil geskied”,
en dié vir wie God sê:
“Nou maar goed, doen dit dan op jou manier.”
Ons moet in die lig van die ewigheid lewe.
Hoe nader jy aan God leef,
hoe kleiner lyk alle ander dinge!
Paulus self het hieroor in Filippense 3:7 gesê:
“Maar wat eers vir my ‘n bate was,
beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus.”
Een van ons grootste vyande in vandag se lewe is korttermyn-denke.
Hierdie lewe is maar die sigbare oortjies van die seekoei wat uitsteek.
Wat op ons wag is onbeskryflik !
Dit is soos om die internet aan ‘n mier te verduidelik.
Ons weet egter verseker dat die Here Jesus gegaan het,
om vir ons plek te berei!
Hoe kan ons noú lewe, met ‘n ewigheidsperspektief?
Die bekende slagspreuk beteken baie meer as wat ons besef:
Leef vandag asof dit die eerste dag is van die res van jou lewe!
Mathew Henry het dit net so goed van die ander kant af gesien:
Leef elke dag van jou lewe asof dit die laaste dag van jou lewe is!
Ernest