Geloof sonder goeie werke is voorbarig.
Geloof met goeie werke is kosbaar.
Dit is die vrug van die Gees en kom van God af.
In die natuur kry ons ‘n treffende beeld om dit te illustreer,
die verhouding tussen geloof en goeie werke.
Wanneer weerlig in die hemelruim sigbaar is,
weet ons dat ‘n donderslag spoedig gaan volg.
Sonder weerlig sal daar geen donderweer wees nie.
Die een is die oorsaak van die ander.
En so ook in goeie werke.
Goeie werke is altyd die gevolg van saligmakende geloof.
Saligmakende geloof veroorsaak dat goeie werke volg.
Ons moet een waarheid altyd voor oë hou:
Ons word uit genade gered en genade alleen!
Efesiërs 2:8-9 sê:
“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.
Hierdie redding kom nie uit julleself nie;
dit is ‘n gawe van God.
Dit kom nie deur julle eie verdienste nie,
daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.”
Baie gelowiges haal gou hierdie teks aan.
Maar nou verswyg hulle om een of ander rede vers 10 wat daarop volg!
“God het ons geskep om ons lewe te wy
aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”
Net soos wat donderweer vooraf niks aan weerlig toevoeg nie,
maar die gevolg is van weerlig,
so ook sal goeie werke vooraf niks tot ons redding bydra nie!
Goeie werke volg op redding en saligmakende geloof,
soos wat donderweer volg op weerlig.
Goeie werke is die dankbare lewe van ‘n mens wat tot redding gekom het,
deur die genade van God alleén.
God doen dit alles!
Ernest