Jesus se uitspraak in Johannes 14:6,
het ook implikasies vir ons lewe saam met Hom.
“Jesus het vir hom gesê:
Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur My nie”.
Dat Jesus verklaar Hy is die weg,
is ook ‘n oproep tot gelowiges om “mense van die Weg” te wees.
Die eerste Christene is ook so genoem in Handelinge,
letterlik vertaal in die 1933 vertaling.
Mense van die Weg – met ‘n hoofletter.
Dit beteken nie net mense van Christus nie,
maar ook mense wat op sy weg is en leef.
Mense van die Weg moet die weg vir ander voorleef.
Sommige mense sê daar is verskillende maniere om dieselfde berg uit te klim.
Almal bereik uiteindelik die kruin.
Die weg na die Vader kom egter net deur Christus.
En hierdie weg kan die swaarste vrag dra.
Hierdie weg van Christus kan enige vrag dra,
en bring jou altyd by die Vader.
Ons moet hierdie waarheid so uitleef,
dat ons ook ander mense op hierdie enigste weg na die Vader lei.
Mense van die Weg weet wat hul bestemming is.
Ernest