Twee dinge gebeur wanneer die pad steil en gevaarlik word.
Eerstens; ons smag na ‘n hemelse belofte.
Iets soos “Belowe my Here dat U nooit sal weggaan nie.”
Tweedens; ons kom by ‘n waterskeidingsplek.
Óf ons gaan die Here glo, óf ons gaan Hom nie meer glo nie.
Óf ons gaan in verbondenheid met Hom bly,
óf ons gaan Hom nie meer vertrou nie.
Lukas 7:23 sê:
“Gelukkig is hy wat nie aan My begin twyfel nie.”
Kyk na die kernwoorde in hierdie teks:
Gelukkig – is baie meer as net lekker voel.
Dit beteken uitermate geseënd!
Aan My – verwys na Jesus Christus self.
Begin twyfel – is om die Persoon van die Here, sy gesag,
sy Wese, sy beloftes en woorde,
te bevraagteken en te verwerp.
Wanneer jy smag na ‘n hemelse belofte, kyk na Matt. 28:20:
“Onthou: Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”
Wanneer jy by ‘n waterskeidingsplek kom, kyk na Lukas 7:23:
“Gelukkig is hy wat nie aan My begin twyfel nie.”
Johannes die Doper was in die tronk en sou spoedig onthoof word!
Dan ontvang hy hierdie boodskap van die Here.
Wanneer ons by ons belewenis van die waterskeidingsplek kom,
Gaan dit gewoonlik oor ons eie verwagtinge, en lewens omstandighede,
Dit gaan oor ons aardse menswees.
Vir God gaan dit oor ons status en sekerhede in Christus!
Leef daaruit, al gebeur wat ookal!
Ernest