John Wayne, die beroemde cowboy akteur, het gesê:
“Courage is being scared to death but saddling up anyway.”
Dit is wat dissipels van die Here ook doen.
Niks kan ons keer om die Here te volg en vir hom “op te saal” nie!

Dissipels is dapper mense.
Hul leef uit Romeine 8:31:
“God is vir ons, wie kan dan teen ons wees?”
Dissipels van die Here waag dinge vir die Here.
Want hulle weet die Here weet die beste.

Amy Carmichael was so ‘n dissipel wat in Indië gaan werk het.
In 1895 kom sy in Bangelore aan,
en werk saam met ‘n groepie bekeerde Indiese vroue.
Die Hindoe leiers wou haar doodmaak.
As Ierse meise het sy bruin oë gehad,
in plaas van blou oë soos gewoonlik by Ierse meisies.
Sy het baie hieroor gewonder toe sy jonk was,
maar nou het sy dit verstaan!
Wanneer sy soos die Indiese vroue sluier gedra het,
kon die Hindoes haar nie herken nie!
So kon hulle haar nooit opspoor nie.
Teen 1918 het sy reeds 150 klein dogtertjies van tempelprostitusie gered,
en hulle versorg in ‘n kinderhuis wat sy gebou het!
Hulle het haar “Amma” genoem, “mamma” in Indies.

Amy het as dapper dissipel van die Here haar deur niks laat stop nie.
Christus se krag is in jou!
Daarom kan jy saam met Jesaja 12:2 sê:
“God is my redder. Ek vertrou op Hom,
ek is nie meer bang nie!”

Ernest