Dissipels van die Here spring dikwels weg met groot entoesiasme,
na wedergeboorte en bekering.
Niks kan hulle stuit nie.
Maar dissipels van die Here moet ook volhard.
Daarom sê Romeine 13:14 :
“Julle moet lewe soos volgelinge van Jesus Christus.”
Nie net die wegspring nie, maar die hele lewe.

Dan is daar ook mense wat sleg of stadig begin.
Maar hulle eindig baie sterk!
Dissipels is goeie “finishers.”

Dit was ook die verhaal van een van die bekendste kerkvaders van alle tye.
Sy ma, Monica, het gereeld vir hom gebid.
Hy het dieselfde pad as sy pa geloop, wat ook nie wou glo nie.
Sy het gebid dat haar seun in God sou glo.
Op universiteit het die seun ‘n buite-egtelike verhouding gehad.
Die seun was baie slim en het professor geword.
Steeds wou hy nie in God glo nie.
Op ‘n dag het hy ‘n kind ‘n liedjie hoor sing,
wat sy ma gereeld vir hom gesing het.
Hy het begin huil, sy vriend se Bybel gevat,
en Romeine 13:13-14 gelees:
“…julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus,
en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie.”
Hy was oortuig van sy sonde, en het sy lewe vir die Here gegee!
Net daar het Augustinus op sy knieë geval,
en ‘n dissipel van Jesus Christus geword!
Ons weet hy het een van die grootste kerkvaders geword,
en ‘n groot rol in die kerk gespeel.

Dissipels van die Here eindig ook sterk!
Hulle leef deurgaans tot die einde volhardend vir die Here!

Ernest