George Müller se geloof was vir baie mense ‘n groot inspirasie.
Hy het volgehou dat God onder alle omstandighede sal sorg.
Op sy lessenaar het ‘n bordjie gestaan met die woorde:
“It matters to Him about you.”
Hy het geleef met die oortuiging dat jy God kan vertrou vir sorg!
Altyd!

In die vroeë 1800’s het George Müller ‘n kinderhuis vir weeskinders begin,
in Bristol in Engeland.
Hy het nooit vir hulp gevra nie.
Hy het onvoorwaardelik op God vertrou om te weet wat hul nodig het.
Al het dit hoe broekskeur gegaan, en het almal getwyfel,
het George bly glo.
By een so ‘n geleentheid het een van die kinderhuis personeel
vir George kom sê daar is nie meer brood om te eet nie.
Hulle sou binne ‘n kort tydjie aansit vir ontbyt.
George het eenvoudig gesê dat die Here nou-nou sal voorsien.
By die eetsaal het George gebid:
“Liewe Vader, ons dank U vir wat U ons gaan gee om te eet.”
Hy het pas klaar gebid toe die bakker se vragmotor stilhou,
en hy sê die Here het hom deur die nag oortuig om vir hulle brood te kom aflewer!
Hy het dit gebring want hy wil gehoorsaam wees aan die Here.
Kort daarna kom die melkman daar aan.
Die melkwa het gebreek en hy wil graag die melk gee voordat dit suur word!
Hulle kan dit aflaai sodat hy die wa kan herstel.

1 Petrus 5:7:
“Werp al julle bekommernisse op Hom,
want Hy sorg vir julle.”
Vertrou op God!
Altyd!

Ernest