Paulus skryf in Filippense 3:10:
“Al wat ek wens is om Christus te ken….”

Ons word gered deur geloof in Hom, die Here Jesus Christus!
Hy het vir ons die verlossing bewerk.

Die tydskrif “Youth’s Living Ideals”,
vertel van ‘n merkwaardige ou dame,
wat groot dele van die Bybel uit haar kop geken het!
Soos die ouderdom op haar begin tel het,
en sy al hoe meer haar geheue verloor het,
het sy uiteindelik net een teks onthou, 2 Timoteus 1:12:
“Ek weet op Wie ek vertrou,
en ek is daarvan oortuig dat Hy magtig is,
om wat Hy aan my toevertrou het ,
tot op die dag wat Hy weer kom,
in stand te hou.”
Uiteindelik het deel na deel van hierdie teks ook uit haar geheue verdwyn.
Sy het net een woord onthou tot sy gesterf het:
Hy!
Sy het oor en oor herhaal: “Hy!”
Sy het die hele Bybel “verloor”,
en net een word oorgehou.
Maar die hele Bybel was in daardie een woord saamgevat:
Hy!
Hy die Verlosser!
“Hy” het behoue gebly!

Om die Bybel te ken is eén ding.
Om die Verlosser te ken,
is heeltemal ‘n ander ding!

Ernest