Veertig jaar na sy vorige besoek aan Jerusalem,
gaan Paulus weer soontoe.
Hy neem Barnabas en Titus saam.
Hy sê dit was nie sy eie besluit nie, maar God wat hom stuur.
In Jerusalem lê hy die boodskap, wat hy oral onder nie-Jode preek,
aan die gelowiges voor.
Titus wat saam met Paulus daar is, is ‘n Griek.
Hy was nie besny soos die Joodse wet dit vereis nie.
Daar is ‘n klompie mense wat wil hê dat hy besny moet word.

In Galasiërs 2:4-5 sê Paulus dan:
“Hulle wou die vryheid waarmee Jesus Christus ons vrygemaak het,
van ons af wegvat en ons weer van voor af slawe van al hulle wette en reëls maak.
Maar ons het dit nie toegelaat nie.
Met al ons krag het ons gekeer dat die regte evangelie wat ons preek,
deur hulle verander word.”

Niemand is uitgesluit nie!
Paulus het alles in sy vermoeë gedoen dat Jode en nie-Jode,
die vryheid van Christus kon belewe.
Daarom neem hy Barnabas, ‘n Jood, en Titus, ‘n Griek, met hom saam.
Jerusalem moes lewende bewyse sien,
van hoe Jesus alle mense vrymaak om nuut te lewe!

Martin Luther het gesê:
“Wanneer iemand aan die deur van my hart klop, en hulle vra:
“Wie woon hier?”, dan antwoord ek:
“Jesus woon hier! Martin Luther het hier gewoon, maar hy het gesterf.
Jesus Christus lewe nou hier!”

Hierdie feit en waarheid is vir almal bedoel.
Paulus en Barnabas, en die Jode.
Titus en die Grieke.
Luther en die Duitsers.
Vir my en die Suid-Afrikaners.
Vir almal, tot aan die uithoeke van die wêreld!

Niemand is uitgesluit nie!

Ernest