Galasiërs 3:12-14 beskryf hoe groot genade in Christus is:
“Gelukkig hoef ons nie meer alles self te probeer doen nie.
Christus het ons daarvan kom vrymaak.
Hy het God se vloek wat rus op almal,
wat nie stiptelik doen wat die wet vra nie,
op sy eie skouers geneem.
Dit het aan die kruis gebeur.
Daar het Christus in ons plek ‘n vervloekte geword…..
Maar die goeie nuus is dat Christus Jesus se dood
vir mense uit alle volke die kans bied
om nou ook deel te hê aan die seëninge wat God
vroeër oor Abraham uitgestort het.
Maar dis nie al nie.
Ons wat in Christus glo, het ook die Heilige Gees ontvang,
presies net soos God ons belowe het.
In die rolprent “The Last Emperor”, oor die laaste keiser van China,
word slawe gestraf as die keiser iets verkeerd doen!
In die Christelike geloof word die Koning gestraf,
oor die sonde van die diensknegte!
Dit is groot genade!
Hierdie genade is verniet,
omdat Jesus self die koste aan die kruis gedra het.
Hy het ons vloek op Hom geneem,
sodat ons sy seën kon ontvang!
Ernest