In Johannes 15 vers 12 sê Jesus:
“Dit is My opdrag:
Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.”
Dit is ‘n groot opdrag!
Onthou, Jesus se liefde was so groot,
dat Hy sy lewe vir ons gegee het!
So lief moet ons mekaar hê.
Ons kry elke dag baie geleentheid om dit te wys,
dat ons bereid is om op te offer vir ons vriende.
Tyd, aandag, hulp, bemoediging.
Ons kry ook geleentheid om vriende te beskerm,
wanneer byvoorbeeld oor hulle geskinder word.
Koester ware vriendskap deur self daarvoor op te offer.
Bou doelbewus saam aan vertroue.
Lag en huil saam.
Stel opreg in mekaar belang en gee tyd vir mekaar.
Luister na mekaar.
Waardeer mekaar se goeie eienskappe.
Wees saam bly oor sukses, en nie afgunstig nie…
Aanvaar mekaar se foute en bou in liefde aan mekaar.
Dien saam die Here.
In ons gejaagde lewe kla ons almal hoe ons vriendskappe verwaarloos.
Dit is nie geldige verskonings nie…
Offer doelbewus op vir goeie vriende.
Ernest