Paulus skryf in Romeine 12:1:
“Gee julleself aan God as lewende en heilige offers,
wat vir Hom aanneemlik is.
Dit is die wesentlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.”

Paulus skryf aan mense wat kort tevore nog heidene was.
Hulle het glad nie die Here geken nie.
Toe kom hulle tot bekering en glo in God.
Vandag nog is daar baie sulke mense wat sonder God geleef het,
en nou tot geloof gekom het.
Kan hulle sê die Here was hoegenaamd glad nie in hulle lewe nie?
Het hy eers in jou lewe begin werk toe jy tot bekering kom?

Paulus sê dit is nie waar nie.
Die dag toe jy tot bekering gekom het,
het jou oë eers oopgegaan,
om te sien dat die Here in jou lewe werk.
God was nog altyd met jou besig!
Nog altyd?
Wanneer het God begin werk aan jou?
Kyk wat sê Efesiërs 1:4:
“…nog voordat die wêreld geskep is…”
Gaan lees dit!
Toe al!

Reg van die begin af was God al besig met jou.
Deur die eeue heen het Hy al geweet presies waar Hy jou gaan inpas!
En Hy het alles in plek gesit,
sodat jy Hom kán leer ken, en vir Hom kán leef!
God het ‘n lang-lang pad met jou geloop,
voor jy enige iets kon weet, óf doen!
Niemand het, of sal ooit, so vêr vir jou kom nie!
Nou kom sê Hy vir jou:
Gee jouself aan Hom….
Gee jouself as lewende offer….
Jy kan nie anders nie,
as om nou die pad verder saam met Hóm te loop!
Gee jouself!

Ernest