1 Korintiërs 13:4 sê die liefde is nie afgunstig nie.
Die liefde is nie jaloers nie.
Die Ou Testament woord vir jaloesie beteken
“om te verbrand of aan die brand te steek.”
Dit is ‘n goeie beskrywing van wat jaloesie doen.
Daar is ‘n ou legende van ‘n Burmese pottebakker.
Hy was jaloers op ‘n man wat ‘n wasser was.
Iemand wat artikels was en skoonmaak.
Die pottebakker dring toe by die koning daarop aan
om die wasser opdrag te gee om die koning se olifant wit te was.
Die wasser sê toe die koning moet vir hom ‘n houer gee,
groot genoeg om die olifant in te was.
Die koning beveel toe die jaloerse pottebakker om die houer te maak.
Hoewel hy goeie houers gemaak het,
het die dier se gewig dit elke keer gebreek.
Uiteindelik is die pottebakker geruïneer,
deur die plan wat hy self uitgedink het,
om die wasser te vernietig!
In Spreuke 6:27 lees ons:
“Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark,
sonder dat jou klere aan die brand raak?”
Die kole van jaloesie word ‘n vuur wat brand,
en baie skade doen, en vernietig.
Jaloesie….
Die liefde is nie jaloers nie.
Nie afgunstig nie.
Ernest