Jesus sê in Matteus 6:34:
“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie,
Want môre bring sy eie bekommernis.
Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”
Ons leef dikwels asof ons geen versorgende hemelse Vader het nie.
Juis op grond van ons hemelse Vader se sorg,
leer Jesus ons om nie te bekommer nie.
Daar is twee dae in die week waaroor jy jou glad nie hoef te bekommer nie.
Twee regtige sorgvrye dae.
Een van hulle is gister!
Dit is vir ewig verby.
Dit is in God se goeie hande.
Al ons foute, sorge en pyne is by God.
Ons kan nie die verlede verander nie.
Die ander dag in die week waaroor jy nie moet bekommer nie, is môre.
Môre, met al sy uitdagings wat nog voorlê, is ook in God se hande!
Jesus beklemtoon dat daar net een dag in die week is wat jy moet hanteer,
en dit is vandag!
Jy kan vandag verantwoordelik leef en beplan, vir môre,
maar dit help niks om daaroor te bekommer nie.
Jy durf ook vandag nie alleen aan nie.
Vandag is ook God se dag!
Moenie vandag verlam deur jou spyt oor gister nie.
Moet ook nie vandag verlam oor jou vrees vir môre nie.
Almal is God se dae!
Leef elke dag saam met Hom!
Ernest