Paulus skryf in Romeine 15:4-6 dat alles wat in die Bybel opgeteken is,
neergeskryf is om ons te leer.
Die Bybel versterk ons geloof en moedig ons aan,
sodat ons elke dag kan uitsien na die terugkoms van die Here.
Hy sê verder in vers 5:
“Mag God, wat ons almal se geloof sterk maak en ons krag gee,
julle help om regtig goed met mekaar oor die weg te kom.
Dit is presies wat Christus Jesus wil hê.
Mag julle almal saam soos ‘n groot koor in ‘n harmonie van stemme
God se Naam grootmaak.
Aan Hom, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe.”

Die Bybel leer ons om soos Jesus te lewe, tot eer van God.
Dit is ‘n leefstyl waar jy ook in harmonie met jou medemens leef.
Daarom is dit noodsaaklik om die Bybel te lees, daaruit te leer, en dit te leef.

In ‘n ou Joodse tradisie word ‘n druppel heuning op die eerste bladsy van die Bybel geplaas,
wanneer ‘n Joodse kind dit die eerste keer oopmaak.
Die kind word gesê om die druppel van die bladsy af te lek.
Dit maak ‘n indruk op die kind se geheue dat God se Woord soet is.
Dit word “sacred pleasure” genoem.

Vir Christene moet dit ook ‘n “sacred pleasure” wees,
om God se Woord te lees, te leer, en te leef!
Al is God se manier nie altyd vir ons die maklikste manier nie,
is dit die enigste wat sin gee en die lewe die moeite werd maak.

God se Woord is soet!

Ernest