Paulus gaan verder in Romeine 15:7-9 oor ons verhouding met ander mense.
“Julle moet mekaar asseblief aanvaar.
Onthou: Christus het julle almal met oop arms aanvaar,
en op hierdie manier groot eer aan God gebring.
Christus het aarde toe gekom om die Jode te dien,
en om te wys dat God sy woord hou.
So het Hy die beloftes wat God aan hulle voorouers gemaak het,
waar laat word.
Maar Christus het gelukkig nie al die ander volke vergeet nie.
Hy het hulle so jammer gekry,
dat Hy ook aan hulle ‘n plek in God se nuwe koor gegee het.
Daarom maak hulle nou ook sy Naam groot….”
Ons veroordeel maklik mekaar oor ons foute.
Dan hang ons ook etikette om mekaar se nekke.
Ons besluit wie is in, en wie is uit.
Hoe kan ons dit teenwerk?
Onthou Christus!
The Message som dit mooi op in Lukas 15:1:
“By this time a lot of men and women of doubtful reputation
were hanging around Jesus, listening intently.”
Die Bybel is vol van hoe Jesus mense met “doubtful reputation”
onvoorwaardelik aanvaar het.
Mense soos Saggeus, en die vrou wat owerspel gepleeg het.
Ons moet ons eie vooroordele as sonde erken, dit oorkom,
en die beste in ander mense soek en sien!
Kent Ira Groff het gesê:
“Ek bid vir die genade om te sit by elke persoon wat ek ontmoet,
en Christus in hulle gesig te sien.”
Mag hulle ook Christus in ons sien.
In my.
Ernest