Die lewe is nie bedoel om deurgaans ‘n voorspelbare veilige rit te wees nie.
Ons gaan dikwels deur onverwagte en selfs moeilike omstandighede.
Wanneer jy “white river rafting” doen, gaan jy deur plat rustige water,
maar ook dikwels deur die ergste stroomversnellings.
Jy doen dit juis vir die opwinding van die stroomversnellings!
Met die wete dat God in beheer is,
kan jy selfs met opwinding deur die stroomversnellings van die lewe gaan.

Ook mislukking hoef jy nie te vrees nie.
Moenie ophou lewe omdat jy bang is om te misluk nie.
Op 29 Mei 1953 word Edmund Hillary die eerste om Mount Everest uit te klim.
Hy het egter eers misluk voordat hy sukses gehad het.
In 1952 het hy reeds probeer maar misluk.
Toe hy ‘n groep mense in Engeland moes toespreek,
het hy op die verhoog geklim, die applous stilgemaak,
na ‘n prent van die berg gewys en gesê:
“Mount Everest, you beat me the first time,
but I will beat you the second time,
because you’ve grown all you are going to grow,…
but I am still growing.”
En Hillary het die berg oorwin.

Daarom Paulus se woorde in Kolossense 1:11:
“Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee,
om in alle omstandighede geduldig te volhard.”

‘n Anglikaanse predikant wou ‘n motorfiets koop.
Die verkoopsman het vertel van die spoed, versnellings, opwinding.
Toe die verkoopsman ontdek hy is ‘n predikant,
het hy dadelik oorgeslaan na hoeveel kilometres per liter,
veiligheid, en hoe prakties ‘n motorfiets is.
Dit het die predikant laat skryf:
“Have we told the world that being a Christian is more like riding a lawn mower,
than riding a motorcycle?
Is the life of faith more safe and sound, or dangerous and exciting?
Our task is to take Christianity out on the open road,
give it gas, and see what it will do!”

Helen Keller het gesê die lewe is óf ‘n reuse avontuur, óf dit is niks nie.
En sy was blind!
Léwe!... in alle omstandighede!

Ernest