Baie mense is lid van ‘n gymnasium.
Hulle “gym” toegewyd en let op hul gesondheid.
Hulle eet meer groente en minder vleis.
Meer vrugte en minder soetgoed.
Meer water en minder koeldrank.
Loop meer en ry minder.
En so kan ons voortgaan.
Die gevolg is meer energie en minder moegheid.

1 Timoteus 4:7-8 sê om “gym” toe te gaan is goed.
Maar daaglikse oefening in God se “gym” is baie beter.
Geestelike oefening.
Om meer en meer soos Jesus te leef.
Vers 7 sê ons moet God dien.
Jy moet oefen om dit te doen, soos ‘n atleet oefen om fiks te bly.
‘n Atleet wat oefen om fiks te bly doen goed,
maar dit help nie vir alles nie.
Om egter geestelik te oefen om fiks te bly deur God te dien,
is regtig die moeite werd.
Dit help ‘n mens op alle maniere,
vir die lewe hier op aarde,
en die lewe wat vir ons wag in die toekoms!

The Word on the Street vertaal vers 8 so:
“You work out in the gym – great, as far as it goes.
But training in God’s gym goes all the way!
It qualifies you for this life;
It qualifies you for the next life!”

Leef geestelik fiks!

Ernest