Is daar ‘n doel met alles?
Wat is die doel met al die misdaad en geweld?
Hoekom bly dit gebeur?
Is God regtig daarvoor aanspreeklik?!
Wat van kinders wat onskuldig sterf, of ly?
Wat van ouers wat kinders verwaarloos en mishandel?
Moet ons altyd sterk wees en goeie getuienisse hê in moeilike tye?
Daar is so baie vrae…
Dit is moeilik om die regte antwoorde te hê op so baie vrae.
Daar is inderdaad nie kitsantwoorde op alle vrae nie.
Spreuke 25:2 help ons ook om te besef
dat ons nie alles van God en sy wil af weet nie.
Prediker 8:17 help ons ook:
“Toe het ek al die werk van God begryp;
Die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.”
Mens begin eers verstaan as jy ontdek dat jy nie alles verstaan nie,
en ook nie geroep is om alles te verstaan nie.
Om sin te maak van die lewe,
is nie gelyk aan die rasionele verstaan van alles nie.
Dit is nie gelyk aan die verklaring van alles nie.
Prediker 2:24-26 kom met ‘n antwoord wat ons help om te léwe!
Eet jou brood met vreugde.
Kortom; skep vreugde in wat jy elke dag doen!
Vir die mens met wie se lewe God tevrede is,
gee Hy wysheid, kennis en blydskap.
Sin en betekenis lê in die omhelsing van eenvoud,
en die skep van vreugde in wat jy hét, en doen.
Dan ontdek jy God se hand in hierdie lewe op verrassende maniere.
Ernest