Die Here kies ons, maak nie saak wat die wêreld van jou dink nie.
Voor God is jy nooit ‘n nul op ‘n kontrak, of ‘n minus nie.
Dit is hoe mense van mekaar praat.

Voor God het jy ‘n plek wat net jy kan vul.
Hy het jou uniek geskep vir sy plan met jou lewe.
Niemend kan jou plek namens jou vul, in God se oë nie.
Daarom het Hy joú geskep.
Voor jy vir enige iets goed kon wees, het Hy jou al gekies.
Saam met die Here Jesus is jy deel van God se plan met die wêreld.

Dit is nie ons wat kwalifiseer vir ‘n lewe saam met God nie,
of vir diens aan God nie.
Richard Parker het gesê:
“God doesn’t call people who are qualified.
He calls people who are willing,
and then He qualifies them.”

Ons sluit mekaar so maklik in of uit, as gevolg van ons vooroordele.
Wanneer mense arm is, dan sluit hulle die rykes uit,
omdat die rykes dink hulle is te goed vir die armes.
Die rykes sluit weer die armes uit,
omdat hulle dink die armes is van ‘n laer klas.
Sekere groepe en indiwidue, sluit ander groepe en indiwidue in, of uit.
Die Here dink en werk nie so nie.

1 Korintiërs 1:27 sê:
“Wat vir die wêreld onsin is,
het God uitgekies om geleerdes te beskaam;
wat vir die wêreld swak is,
het God uitgekies om die sterkes te beskaam.”
God het jou uniek geskep om jou uniek te gebruik.
Wees gewillig en kyk wat God deur jou gaan doen!

Ernest