Dietrich Bonhoeffer het hierdie vraag, “wie is ek?”, so geantwoord:
“They mock me. These lonely questions of mine.
Whoever I am. You know God, I am Yours!”
1 Korintiërs 15:10 sê die antwoord só:
“Deur die genade van God is ek wat ek is.”
In God se teenwoordigheid ontdek ons uiteindelik wie ons regtig is.
Daar vind ons onsself.
Ons kan dit in hierdie wêreld gaan waag en leef,
omdat God so baie van ons dink!
‘n Boswerker het vir ‘n miljoenêr wat in die woud verdwaal het twee vrae gevra.
Daarna het hy hom gehelp, en hom uit die woud uit gelei.
Die miljoenêr het hom ‘n goeie werk aangebied.
Hy is goed betaal om elke dag net die twee vrae vir die miljoenêr te kom vra:
“Wie is jy?”, en,
“Waarheen is jy op pad?”
Die miljoenêr wou nooit weer verdwaal nie.
Nie in die woud nie, en ook nie in sy lewe nie.
Hierdie twee vrae bepaal jou lewe!
Dit help jou om te verstaan wat God se roeping vir jou behels.
Jy word nie by geboorte genommer nie.
Jy word genoem.
Jou naam vertel vir jou en alle ander mense wie jy is.
God roep jou dan ook by jou naam!
“Ek het jou op jou naam geroep,
jy is Myne.” – Jesaja 43:1.
Jou naam kry nie betekenis deur dit in ‘n woordeboek op te soek nie.
Selfs nie eers deur na die betekenis daarvan te soek nie.
Jou naam kry betekenis in jou verhouding met God.
Want God roep jou op jou naam!
Jou volle potensiaal lê alleen in jou verhouding met Hom.
Wie is ek?
Waarheen is ek op pad?
Ernest