1 Timoteus 6:6-10 sê dat aardse rykdom nie baie werd is nie.
Jou verhouding met God maak jou ryk.
Ons het sonder enige iets in die wêreld gekom.
Wanneer ons sterf gaan ons ook niks kan saamneem nie.
Vers 8 sê as ons genoeg het om te eet, en klere het om aan te trek,
het ons al baie, en moet ons meer as tevrede wees.
Vers 9 sê mense vir wie dit baie belangrik word om ryk te wees,
kom gou in die moeilikheid.
Om agter geld aan te hardloop,
laat jou in die kloue van allerhande slegte dinge inhardloop.
In ‘n TV onderhoud het Barbara Walters vir Ted Turner, skatryk baas van CNN, gevra:
“What does it feel like to be so wealthy?”
Sy antwoord was:
“it’s like a paper bag. Everyone sees the bag.
Everyone wants it. Once you get the bag,
you discover that the bag is empty.”
Wanneer is genoeg nou genoeg?
Ons jaag geld, totdat geld ons jaag.
Die resultaat is dat ons sit met ‘n “empty bag”.
Fokus op die ware rykdom.
Jou verhouding met God en mense.
Dit is die skatte wat ons in die hemel bymekaarmaak.
Niks anders nie.
Ernest