Dit is duidelik.
Ons kan nie sonder God lewe nie.
Ons kan nie eers sonder Hom asem haal nie.
In hierdie sin is niemand van God verlate nie.
God is ewig genadig!
Dit is hoe God is!

Dink aan God soos Jesus Hom aan ons voorstel.
Ons moet Hom Abba Vader noem!
Ons hemelse Pa wat met sagte oë na ons kyk,
en ons met sagte hande versorg.

Mense dink partykeer God se genade is verregaande.
Hulle dink so omdat dit nie saak maak hoe vêr jy val nie,
God sal altyd afbuk om jou op te tel.
Dit is buite ons aard.
God draai nie sy rug op verloorders of sondaars nie.
Sy oplossing is genade.
Klink verregaande, maar dit is genade.

Niemand sou kon voorspel hoe God se hart werk nie.
Die goue lyn regdeur die Bybel is genade!
Genade as vergifnis en aanvaarding.
Genade as groei na vervulling.
Genade as bemagtiging vir ‘n nuwe lewe!

Genade is duur. Nooit goedkoop nie.
Dit het Jesus sy lewe gekos.

Genade is heilig.
Dit kom uit God se hart.
Dit maak heel en anders.
Dit maak heilig.

Genade laat jou besef die lewe gaan nie oor wat jy kry nie.
Genade gaan oor wie en wat jy gaan word!
Hoeveel genade ontvang ek?
“Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang”
Johannes 1:16.

Ernest