“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.
Hierdie redding kom nie uit julleself nie;
Dit is ‘n gawe van God.” – Efesiërs 2:8.

Hosea 11:8-9 sê God bly nie vir altyd kwaad nie.
Hy kry dit nie oor sy hart om jou uit te wis nie.
Sy liefde brand te sterk vir jou.

Dit laat jou dink aan die fliek “Traffic”.
“Traffic” is ‘n ontstellende fliek oor die dwelmoorlog in Amerika.
Robert Wakefield, gespeel deur Michael Douglas, is ‘n prominente regter.
Hy word aangestel as die hoof van die regeringseenheid wat dwelms moet bekamp.
Hy is kwaad en polities verneder as sy eie dogter in die dwelmkultuur verval.
Hulle raak vervreem, sy loop weg, en word ‘n dwelmprostituut.
En dan besef die pa sy liefde vir haar is groter as sy woede en teleurstelling.
Hy betree self die hel van die dwelmwêreld om haar te red.
Met ‘n stukkende hart omhels hy haar en huil.
Hy red haar uit die dwelmhel.
Die fliek eindig waar hulle versoen is,
en by ‘n rehabilitasiesentrum voor ‘n kruis sit.
Die simbool van genade.
God het ons gaan haal…
Hy het ons uit genade gered, uit die hel.

Die liedjie “Outrageous Grace” sing:
“There is a lot of pain, but a lot more healing.”
There is a lot of trouble, but a lot more peace.
A lot of hate, but a lot more loving.
A lot of sin, but a lot more grace.”
Elke keer die wêreld-werklikheid,
en dan die oneindig groter God-werklikheid.
Hoe donkerder die nag, hoe helderder skyn die sterre.
Psalm 84:12 sê:
“Die Here God is ons krag en ons beskerming,
die Here gee genade, Hy weerhou die goeie nie.”

Ernest