Meld vandag aan vir vandag se lewe!
Doen dit in die Here se Naam, en voluit vir die Here.
Wees ‘n aktiewe deelnemer aan die lewe!
Doen dit volgens God se wil!
Jy is nie net ‘n nommer of ‘n ratjie in ‘n groot masjien nie.
Jy is nie net ‘n stilswyende toeskouer van die lewe nie.
Aldous Huxley skryf in sy boek “Brave New World” oor ‘n nuwe dateringsisteem.
BF en AF – “Before Ford” en “ After Ford.”
Dit verwys na Henry Ford wat die vader was van die motorbedryf,
en natuurlik die “assembly line” waar die motors aanmekaar gesit is.
Hy het ook gekla dat hy saam met elke paar hande wat hy huur, ook ‘n mens kry!
Gepraat van hoe gou jy net ‘n nommer word.
Of ‘n klein ratjie in ‘n groot masjien.
Die wonderlike nuus van die Bybel is dat God ons nie net ‘n nommer gemaak het nie.
Ons is nie net robotte op ‘n aanleg se lyn nie.
Ons is nie stilswyende aanskouers van die lewe nie.
Die lewe rol nie net op geprogrammeerde wyse by ons verby nie.
Ons is aktiewe deelnemers aan die lewe.
Ons lewe die lewe.
Ons moet elke dag doelbewus by die lewe aanmeld.
Die lewe is nie maar net iets wat met my gebeur nie.
Ons verteenwoordig doelbewus die Here in die lewe.
Ons loop alle aardse realiteite tegemoet vanuit hierdie perspektief.
Ons is nie maar slagoffers van die lewe se “assembly line” nie.
Deuteronomium 30:19 sê:
“Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle,
dat ek die lewe en die dood aan jou vootgehou het, die seën en die straf.
Kies die lewe…..”
Ons kies die Here en daarom ook die lewe.
Ernest