Jesus en sy dissipels is van Betanië af op pad na Jerusalem.
Hulle was al vroegoggend op pad en Jesus raak honger.
Langs die pad is daar ‘n vyeboom wat lekker vye in die somer dra.
Dit is egter lente, en die boom is oortrek met blare, maar sonder vrugte.
Ten spyte daarvan gaan soek Jesus vye aan die boom.
Sonder ‘n verduideliking laat Jesus die vyeboom verdroog!
Op die oog af verstaan jy nie die gebeure nie.
Hoekom doen Jesus dit?

Dit is nodig om meer te weet om te verstaan.
Saam met die groen blare in die lente verskyn daar knoppies.
Dit is nie regte vye nie, maar voorvruggies,
wat die grootte van groen amandels word.
Na ‘n tyd val hulle af, en dan, na ses weke,
kom die ware vye na voorskyn.
Hierdie voorvruggies is deur mense geëet as hulle honger was.

Wanneer die blare egter reeds daar is, sonder voorvruggies,
is dit ‘n sekere teken dat die boom nie vrugte sal dra nie.
Dit is presies dit wat Jesus laat reageer.
Die gebeure met die vyeboom gaan oor oordeel,
en die belofte van nuwe lewe.
Die oordeel oor die vyeboom herinner aan Israel,
wat onvrugbaar is in die uitlewe van Gd se wil.
Lees gerus Jeremia 8:13 en Miga 7:1-3.

Die vervloeking van die vyeboom herinner aan God se optrede
wanneer sy volk nie wil luister nie.
So spreek Jesus ook nou die oordeel oor die Jode uit.
God gaan Israel vervang met ‘n nuwe volk wat sal vrug dra.
In Matteus 21:43 sê Jesus:
“Daarom sê Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word,
en aan ‘n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer.”
Jesus belowe nuwe lewe aan sy dissipels en aan die kerk.

Kan mense by ons die voorvruggies en die ware vrug kry om hulle te voed?
Is ons vrugdraers van die koninkryk van God?
Kry Jesus aan ons die vrug wat Hy verwag?

Ernest