Hoe?
As dit my belangrikste lewensdoel op aarde is,
hoé kan ek God aanbid met my lewe?
Efesiërs 5:10 sê:
“Vra julle gedurig af of iets vir die Here aanneemlik is…”
Uit Noag se lewe leer ons vroeg in die Bybel al vyf aanbiddings-riglyne.
Die eerste is om God heelhartig lief te hê!
Toe niemand anders dit gedoen het nie, het Noag God liefgehad!
Dit is wat God die graagste wil hê met jou: ‘n liefdesverhouding!
Dit is ‘n verstommende waarheid van die heelal dat God jou liefhet!
Die tweede is om God volkome te vertrou!
Noag doen dit al maak dit geen sin nie.
Hy bou die ark!
Vertrou God ten volle met jou hele lewe.
Die derde is dat ons God ten volle moet gehoorsaam!
God gee noukeurige voorskrifte oor die bou van die ark en die diere.
Genesis 6:22 sê “Noag het alles gedoen presies soos God hom beveel het.”
“As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.” – Johannes 14:15.
Die vierde is om God gedurig te prys en te dank!
Na die vloed is dit die eerste wat Noag doen.
Hy betoon sy dank en eer aan God deur ‘n offer aan God te bring.
Hebreërs 13:15 en Psalm 116:17 sê dat ons met ons hele lewe van dankbaarheid
‘n “offer van lof” aan God moet bring!
Die vyfde is om God te aanbid deur die gebruik van jou gawes en vermoëns!
God gee dit sodat jy Hom daarmee dien en eer.
Na die vloed hoor Noag by God dat hulle vrugbaar moet wees, vermeerder,
die aarde moet bewoon en bewerk….
Wees mense wat Hy ons gemaak het om te wees.
Jou hele lewe word geraak deur God se teenwoordigheid daarin!
Dien God met al jou gawes en vermoëns en alles wat jy het!
In “Chariots of Fire” sê die Olimpiese atleet Eric Liddell :
“Ek glo God het my vir ‘n doel geskep, maar Hy het my ook vining gemaak,
en wanneer ek hardloop, voel ek God se behae……
om op te hou hardloop, sou wees om Hom te minag.”
Behaag God met jou gawes en vermoeë.
Verander die klem van jou lewe van “hoeveel plesier put ék uit die lewe”
na “hoeveel plesier put Gód uit my lewe!”
Aanbid Hom met jou hele lewe!
Ernest