In 1 Korintiërs 16:22-24 sê Paulus:
“Ek, Paulus, skryf hierdie laaste paar groetwoorde self.
Mag die Here die persoon straf wat in liefdeloosheid die rug vir die Here draai.
Kom, Here! Mag die Here vir julle baie goed wees.
Ek sal altyd in liefde aan julle dink, want ons almal behoort aan Jesus.”

Mens wonder hoekom Paulus hierdie woorde self en in sy eie handskrif wou skryf.
Waarskynlik sê hy dit om dit so diep uit sy hart te beklemtoon!
Hy wil hulle herinner dat alles wat in die brief geskryf is, in liefde geskryf is.
Almal het so ‘n intense behoefte aan liefde.
Ook aan aanraking.

In die Oscarwenner fliek “Crash” hoor ons hierdie woorde:
“It’s the sense of touch. In any real city, you walk, you know?
You brush past people, people bump into you.
In L.A., nobody touches you.
We’re always behind this metal and glass.
I think we miss that touch so much,
that we crash into each other,
just so that we can feel something.”
Liefde en aanraking……

Pierre Teilhard de Chardin sê:
“Dit is onmoontlik om Jesus lief te hê sonder om ander lief te hê,
dit is onmoontlik om ander lief te hê sonder om nader aan Jesus te beweeg.”

Paulus sluit sy brief af met twee dinge: Genade en liefde.
“Mag die Here vir julle baie goed wees.”
“Ek sal altyd in liefde aan julle dink.”

Dit is die twee dinge wat oor ons lewe geskryf is,
en wat ons moet gaan uitdeel.

Ernest