1 Timoteus 6:17-19 praat verder oor die aanwending van geld of rykdom.
Waarsku die mense wat in hierdie wêreld baie geld het, sê vers 17.
Hulle moenie te veel van hulleself begin dink nie.
Vra hulle om hulle geld te gebruik om arm mense te help, sê vers 18.
Hulle moenie suinig wees nie, en graag met ander mense deel wat hulle het.
Vers 19 sê so sal hulle soveel goeie dinge kan doen,
en in die oë van God en mense sal hulle baie ryk wees.
Nie omdat hulle baie geld het nie,
maar omdat hulle soveel goeie dinge gedoen het.
So belê hulle eintlik in die bank van God!
Dit is die beste belegging waaraan ‘n mens kan dink.
In Shakespeare se King Henry The Sixth,
besoek die koning onbekende plekkies op die platteland.
Twee mans vra hom wie hy is waarop hy antwoord:
“’n Koning.”
Een vra dan:
“But, if you be a king, where is your crown?”
Die koning antwoord:
“My crown is in my heart, not on my head.
Not decked with diamonds….nor to be seen.
My crown is called content:
A crown it is that seldom kings enjoy.”
Jy kan dit net sê wanneer jy jou rykdom vind in die liefde vir mense.
Wanneer jy besef jou kosbaarste besitting is jou vriendskap met God.
Augustinus het gesê:
“Moenie God gebruik om die wêreld te geniet nie.
Gebruik die wêreld om God te geniet!”
Dan begin jy leef soos God dit bedoel het.
Ernest