Paulus vertel in 1 Korintiërs 1:17-20 dat Christus hom gestuur het,
om die goeie boodskap oor Hom te vertel.
Dit moet hy eenvoudig doen.
Nie met vreeslike geleerde taal en redenasies nie.
Dit is nie taal of redenasies wat hulle moet beïndruk nie,
maar die werklikheid van die kruisgebeure.
Daar lê die werklike krag van die boodskap oor Jesus.
Dit is eenvoudig en moet nooit agter slim redenasies en taal versteek word nie.
Paulus sê verder; dat Jesus aan ‘n kruis gesterf het,
klink wel so onwaar soos ‘n feëverhaal vir mense wat hulle nie aan God steur nie.
Maar ons wat God leer ken het put al ons krag daaruit!
Hy sê God sal vir almal wys hoe verkeerd selfs die slimste mense is.
In Flannery O’Connor se kortverhaal, “A Good Man Is Hard To Find”,
word ‘n misdadiger deur ‘n ou vrou gesmeek om tot Jesus te bid.
Hy weier en sê: “Jesus throws everything off balance”
Dit is inderdaad so!
Jesus gooi inderdaad alle menslike verwagtings en redenasies van balans af!
Die kruis het alles van balans af gestamp.
God werk so anders as mense.
Die oënskynlike magteloosheid van die kruis word ons redding!
Dit is God se wysheid teenoor menslike slimmigheid.
Ons sukkel so om dit uit te leef,…. hierdie realiteit waarvoor ons in geloof staan.
‘n Klakous op ‘n vlug roep uit oor ‘n baba wat skreeu:
“Great! I hate babies on airplanes!”
En so het hy aangegaan: “I hate this and I hate that…”
Na ‘n tyd vra iemand vir hom wat hy in die lewe doen.
“I am a professor in Educational Psychology.
I teach in relationships, how to treat one another.
Basically I teach about love.”
Toe sê die ander persoon, in opregtheid, vir hom:
“I’m glad to meet someone, a Christian, who shares my values!”
Dit is die storie van baie Christene!
Ons kan oor ons geloof redeneer, en groot taal daaroor gebruik,
maar ons sukkel om dit in eenvoud uit te leef!
Die eenvoud van die boodskap en die wysheid van God,
gooi ons van balans af.
Ons is vol menslike slimmighede,
in plaas van om die wysheid van God uit te leef!
“Waaraan laat ‘n padda jou dink?” vra ‘n predikant by ‘n kinderdiens.
“Aan Jesus!” roep die seuntjie uit.
“Hoekom aan Jesus?” vra die predikant verbaas.
“Want oom het ons tog nie vorentoe geroep om oor paddas te praat nie!”
Jesus is waaroor dit gaan!
Die keerpunt in gelowiges se lewens kom wanneer ons God gevind het.
God, soos Hy vir ons in Jesus gewys het Hy regtig is!
Nie soos ons Hom beredeneer nie.
Dit is Paulus se boodskap:
Ons moenie met ons grootkop-opinies die Christelike getuienis skade doen nie.
Leef eenvoudig soos Jesus!
Ernest