Die lewe is blitsvinnig.
Die informasie is oorweldigend.
Jy kan enige iets “Google”, enige tyd, en wéét!
Ons wéét omtrent alles oor alles, dink ons…..
Biljoene Tweets, Facebook-foto’s, SMSe…
‘n Inligting “overload” en kommunikasie rewolusie…
Ons verswelg onder inligting en nuwighede.
Ons leef kits en vining.

Selfs in ons geestelike lewe kan ons “oorlaai” word.
Twee preke op ‘n Sondag. Bybelstudie. Kleingroep byeenkoms.
Geestelike CD’s en musiek. Bekende sprekers.
Ons kan net nie al die geestelike inligting “verwerk” nie.

Is die oplossing ‘n stadiger leefspoed?
Om minder inligting te versamel?
Nee, nie noodwendig nie.
Ons moet eerder in ons omstandighede stadig genoeg leef,
sodat ons genoeg tyd kan hê,
om ons verhouding met die Here intens te kan leef, te geniet,
en vreugde in Hom te vind!
Ons moet tyd maak om doelbewus die Here se stem te hoor,
en ook die stemme van geliefdes rondom ons.
Lof is die hartklop van die Here se wil,
en ons moet dit aan Hom leef!
Die inhoud kry ons in die lied van Filippense 2:5-11.
Lees dit! Regtig, lees dit!

Die hoofrede van ons vreugde en blydskap is Christus self!
Hy is ons lewe!
Hy is ons bestaansrede!
Hoe kan ons dit op enige manier wil misleef,
te besig wees, te veel weet?
Dit is Hy wat sy hemelse bestaanswyse prysgegee het,
in ons tyd ingekom het,
op ons stofpaaie kom loop het,
ons aangeraak het,
en Homself ter wille van ons verneder het ,
‘n slaaf geword het en vir ons sy lewe gegee het!

Nou is Hy verhoog tot die ereposisie in die totale kosmos!
Hy is Hoof en regeerder van die heelal!
Meld aan in sy teenwoordigheid!
Gaan leef op die terrein van God se wil!
Gaan leef stadig genoeg vir lof en eer aan God.
Gaan leef teen die tempo van God se wil vir jou.
Moenie besiger wees as wat Hy jou wil hê nie.
Al weet jy hoeveel, en al wil jy hoeveel nog doen in jou lewe.

Ernest