Ware leiers is hulle wat in liefde lei.
Hulle dien die Here met nederigheid.
Hulle lewe toon die vrug van die Heilige Gees.
Hulle leef in die Woord van God.
‘n Mens kan dit sien.

Matteus 7:20 sê daarom:
“So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.”

Mense kry dikwels deur sterk persoonlikheid
of groot dade groot mag en posisie.
Maar natuurlike kwaliteite en besondere prestasies
voorsien nie noodwendig die leier wat God verlang nie.

‘n Goeie voorbeeld was die Russiese “kerklike” Rasputin.
Rasputin het homself in die huishouding van die Russiese Tsaar Nicholas II
ingewikkel omdat hy skynbaar oor bonatuurlike kragte beskik het.
Hy het beweer hy is in staat om die Tsaar se seun,
wat aan hemofilie gely het, te genees.
Hy het aan die Tsaar en sy vrou gesê dat die seun net sou bly lewe
as hulle na hom luister, en presies doen wat hy sê.
Namate die tyd verbygegaan het, het Rasputin wreed en immoreel geword.
Hy het sy posisie deur intimidasie en dreigemente behou.

Mense mag slim wees, sterk leiding neem,
en selfs op die oog af valse wonderwerke doen,
maar daar is geen vrug van die Heilige Gees by hulle sigbaar nie.
Hulle dade is so vrugteloos soos appels wat aan ‘n boom vasgebind is.
Dit lyk maar net of die boom vrugbaar is en vrug dra.

Ware leierskap kom van binne en speel nie vir die pawiljoen nie.
Dit dra die vrug van die Gees van Galasiërs 5:22-23:
“….liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid,
getrouheid, nederigheid, en selfbeheersing.”

‘n Goeie leier ken die pad van die Here, loop daarop,
en lei ander daarop.

Ernest