Esra 6:15 sê:
“Die tempel is voltooi…
in die sesde jaar van die regering van koning Darius.”
Serubbabel en sy span werkers het voortdurend teenkanting beleef
in hul taak om die tempel te herbou.
Hulle is dikwels ontmoedig terwyl hulle besig was.
Dit sou so maklik gewees het om maar net die bouery te staak.
Maar hulle het op God se bevel gebou.
Dit het hulle dag na dag die moed gegee om aan te hou bou.
Om God se wil te doen is nie altyd maklik nie.
Twee paddas het in ‘n bak room geval.
Die een het gou opgegee en versuip.
Die ander een het volhard en aanhou room trap.
Terwyl hy worstel, stry en swem, word die room al dikker,
totdat dit botter word, en hy uitklim!
Om God se wil te doen is om aan te hou swem!
Moenie opgee nie!
Die Here bly aanhoudend besig met sy werk.
Die Here hou nooit op met ons nie.
Waarom word ons, wat sy medewerkers is, moeg, en hou op?
God sal klaarmaak wat Hy begin.
Hy sal ook klaarmaak wat hy deur jou wil doen.
Daarom motiveer dit jou juis om nie op te hou nie.
Jy is deel van sy werk en deel van die oorwinning!
Niks waarmee jy saam met Hom werk sal halfvoltooid agtergelaat word nie.
Volhard “saam met” die Here.
Ernest