Wanneer Christus groot is, is ons vrese klein.
Wanneer God vir ons groot is, is ons waagmoed groot.
Wanneer ons klein dink oor God, dink ons groot oor ons vrese.
Hoe meer ons in Christus leef, hoe groter word Hy in ons!
Dit is nie Hy wat verander nie, groter of kleiner word nie.
Dit is ons wat verander.
Ons sien meer van Hom!
Juis daarom moet ons nie vrees nie.
Want God is groot!
Voed jou vrese, en jou geloof ly honger.
Voed jou geloof in die grootheid van God,
en jou vrese sterf van die honger.
Wat met ons gebeur is nie altyd ‘n opsie nie.
Ons het nie altyd keuses oor wat met ons gebeur nie.
Maar ons het ‘n keuse om te vrees, of nie.
Paulus sê 1 Timoteus 1:7 :
Die Gees wat God ons gegee het,
maak ons immers nie vreesagtig of lafhartig nie,
maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.
Ernest