“Daar kom toe ‘n stem uit die wolk wat sê:
“Dit is my Seun wat Ek uitverkies het.
Luister na Hom.” – Lukas 9:35.

Petrus is saam met Jakobus en Johannes op die bergtop,
om saam met Jesus te bid!
Terwyl Jesus met sy hemelse Vader praat,
het sy goddelike heerlikheid deurgeskemer.
Moses en Elia het skielik verskyn,
en met Jesus gepraat, en weer verdwyn.
Petrus was so beïndruk dat hy voorgestel het
hulle moet hutte vir Moses, Elia en Jesus bou.
Maar presies op daardie oomblik kom God se stem uit die hemel:
“Dit is my Seun wat Ek uitverkies het.
Luister na Hom.”

Die wet, wat voorgestel is deur Moses, het sy deel gedoen.
Die profesië, wat voorgestel word deur Elia,
was besig om in vervulling te gaan.
Nou was die lewende Woord, Jesus, by die dissipels.
Hulle moes na Hom luister!

God se opdrag, dat ons na Jesus moet luister, geld vandag nog.
Ons luister dikwels na so baie raad, uit so baie oorde.
En dikwels weerspreek hierdie raad wat Jesus sê….
Vraag is of ons na Jesus luister?!
Die gesaghebbende stem van Jesus Christus,
praat met ons deur die geskrewe Woord, die Woord van God.
Luister na Jesus!

Ernest