Douglas Corrigan het die bynaam “wrong-way Corrigan” gekry.
Hy het in 1938 in sy vliegtuig van New York na Long Beach in Kalifornië vertrek.
Ongeveer 23 ure later het hy in Dublin in Ierland geland!
Hy het dadelik vir die beamptes gevra of dit Los Angeles is.
Vir jare lank het mense vir hom gelag en hom gespot.
Maar in 1963 het hy erken dat hy sy reis oor die Atlantiese Oseaan regtig beplan het!
Toe hy nie toestemming kon kry om oor die oseaan te vlieg nie,
het hy nogtans voortgegaan,
en toe die vlug doelbewus “per ongeluk” gedoen!
Daar is nogal ‘n ooreenkoms tussen Corrigan se optrede en ons hantering van sonde.
Ons menslike natuur is eiewillig en verwerp God se wil.
en selfs al word ons wedergebore in Christus, bly die sondige neiging steeds in ons.
Die Bybel leer ons duidelik dat elke gelowige in die stryd is,
die stryd tussen die vlees, en die inwonende Gees.
Galasiërs 5:16-17 sê:
“Wat ek bedoel, is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word,
dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.
Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil,
en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer.
Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar,
en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.”
Daarom moet ons doelbewus besluit om ons aan die Gees te onderwerp.
Hy gee ons die begeerte om God se wil te doen,
en nie ons eie begeertes na te jaag nie.
Wanneer ons onsself so doelbewus aan die Gees oorgee,
sal ons nie dóélbewus “per-ongeluk” die verkeerde roete volg soos Corrigan nie!
Wanneer ons doelbewus in oorgawe aan die Here lewe,
sal ons nie doelbewus “per-ongeluk” aan die vyand oorgee nie!
Ernest