Of storms ons gaan tref of nie,
daaroor het ons nie altyd beheer nie.
Waaroor ons wel beheer het,
reg in die storm, is waarop ons ons oog gevestig hou.
Ons kan nie, soos in ‘n koffiewinkel, gaan sit en bestel wat vir ons lekker is nie.
Ons kry dikwels bekers vol sleg om te drink.
Die lewe kom vol verrassings na ons toe.
Aangenaam en onaangenaam.
Jy dink aan die wysheidsliteratuur in Prediker 3 wat sê:
Daar is ‘n tyd om te lewe, en ‘n tyd om te sterwe.
‘n Tyd om te plant, en ‘n tyd om te oes.
‘n Tyd om te huil, en ‘n tyd om te lag…..
Maak vrede met dit wat God op jou pad bring.
Onderskei dit.
Omhels dit.
Moenie aanhou om dit te weerstaan nie.
Wees oop, en ontdek dit wat God daardeur in jou lewe wil doen.
Wat vir jou lekker is, is nie vir God die belangrikste nie.
Jou karakter.
Dit is wat vir Hom belangrik is.
Hy vorm daaraan, deur dik en dun,
om jou meer en meer soos Jesus te laat wees!
Ernest