‘n Mooi woord wat ‘n mens deesdae in sport aantref is “impak-speler”.
Dit is iemand wat op ‘n sekere stadium op die veld draf,
en met vars bene en talent dikwels die wedstryd in ‘n ander rigting stuur.
Dikwels is dit op daardie punt in die wedstryd die afrigter se troefkaart.

Paulus skryf ook aan Timoteus dat hy ‘n “impak” moet maak as kind van die Here.
Hy sê in 2 Timoteus 4:12 vir hom:
“Wees jy vir die gelowiges ‘n voorbeeld in woord en gedrag,
in liefde, geloof en reinheid.”
Wat behels hierdie impak?

In woord – gelowiges wat ‘n impak vir Jesus maak, waak oor hul woorde en gesprekke.

In optrede – gelowiges is lig, sout en suurdeeg vir die Here in die wêreld.

In liefde – gelowiges wat deur liefde vir God en jou naaste harte aanraak.

In geloof – gelowiges wat geloof in dade omsit en nie net praat nie.

In reinheid – gelowiges wat rein leef en moreel ‘n impak maak.

Maak ‘n impak vir die Here in hierdie wêreld.
In woord, optrede, liefde, geloof en reinheid.

Die heel beste kommentaar op die Bybel,
is ‘n toegewyde lewe aan die Here!
Jy maak die grootste impak in die wêreld,
wanneer Christus se heerlikheid deur jou skyn!

Ernest