1 Johannes 4:7 sê:
“Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God,
en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God, en ken God.”

Ons moet ander mense niks skuld nie, behalwe liefde!
In Romeine 13:8 sê Paulus:
“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie,
behalwe om mekaar lief te hê.
Wie sy medemens liefhet,
voer die hele wet van God uit.”

Christelike liefde is nie humanisties nie.
Met ander woorde, dit gaan nie in die eerste plek oor die mens nie,
maar oor God.
Liefde smeer nie sondes of tekortkominge by ander, of myself, toe nie.
Dit maak nie maar of alles reg is as dit verkeerd is nie.
1 Korintiërs 13:6-7 sê dit duidelik.
Liefde het ook grense.
Liefde kies nie kant vir verkeerde dinge nie.
Liefde is bly oor dit wat God se wil is.
Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het.
Liefde vermaan ook waar mense vermaning nodig het.
Dit behandel mense met respek.

Ware liefde maak nie van jou ‘n slaaf van iemand anders nie.
En ook nie iemand anders ‘n slaaf van jou nie.
Ware liefde laat ander mense op jou skouers staan,
sodat hulle God beter kan sien.

Ons is Gód se liefde aan ander verskuldig.
Gee dit vir hulle!

Ernest